Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16061] Wo, 08 Julie 1998 00:00
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> So jou romantiese idee van "Amerika"
> die perfekte plek om te bly begin nou
> inkalwe! "Amerika" wat sus is en "Amerika"
> wat so is. As jy 'n setlaar is wie se voorsate
> uit Europa kom, is daar 'n groter kans dat jy
> in 'n wit laer bly (net soos in SA). Onthou
> ook net dat jy bly op lande gesteel deur die
> setlaars uit Europa van die Shawnee en die
> Algonquin en die Cree wat moedig geveg het
> tot minder as twee honderd jaar gelede om
> hierdie invalle te stuit. En om die ekologie
> van hulle tuislande te beskerm teen die roofbou
> van die setlaars uit Europa.

H�nou Gloudien

Ek mis miskien hou punt, maar ek dog jy woon nou in Kanada?? En het die
Europese settelaars wat daar gaan woon het hul eie grondgebied saamgebring,
of waar kom dit vandaan). Selfs as jy kyk na Europa is omtrent elke stukkie
grond wat daar is op een of ander stadium deur die huidige bewoners van ander
afgeneem (behalwe die grootste deel van Nederland natuurlik - dit is van die
see af afgeneem).

Dink jy dat die VSA minder groots is omdat mense ander mense se grond in die
verlede afgeneem het?

Of probeer jy sê dat die feit dat Johan liries is oor sy nuwe land en dit meer
aantreklik vind as SA nie gesond is nie, of miskien op een of ander manier
verbind is aan rassisme? As dit wel is wat jy probeer bereik, hoe kan jy die
feit dat Johan gelukkig is in 'n "wit laer" en sy gevoel van veiligheid as
gemeet aan sy spesifieke vorige lewensondervindinge gelyk stel met rassisme?

Ek lei af van al jou skrywes dat jy gelukkig is in jou "wit laer". Maak di jou
ook 'n rassis?

Ek woon nou in Nederland. Die plekke waar daar 'n hoë konsentrasie van
"vlugtelinge" is, kan statisties as minder veilig bewys word as ander areas.
Beteken dit dat die feit dat ek nie wil vestig in 'n area met baie
"vlugtelinge" dat ek rassisties is? Is ek ook nou besig om skuiling te soek
in 'n "wit laer", of is ek net besig om sinvol binne die konteks op te tree?

Groete uit die Laaglande

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:54:23 MGT 2024